Leer hoe om jou eie webblad te skep, stap vir stap, in Afrikaans!
Wil jy graag jou eie webblad hê, maar weet nie waar om te begin nie? Die Tech Tannie is hier om te help! Ons splinternuwe kursus, ‘Hoe om ‘n WordPress Webblad te Bou’, is perfek vir beginners wat in Afrikaans stap-vir-stap wil leer hoe om ‘n professionele webblad op te stel – sonder enige ingewikkelde tegniese taal!
In vandag se digitale wêreld is ‘n webblad ‘n noodsaaklike instrument vir jou besigheid se sukses. Maar dit hoef nie moeilik of duur te wees om een te bou nie. Met hierdie kursus sal jy selfversekerd wees om jou eie webblad te skep wat werk vir jou besigheid en jou kliënte.
Ons kursus is 100% aanlyn, met video’s wat jy enige tyd kan kyk en volg. Jy kry ook toegang tot ons privaat Facebook-groep, ‘Die Tech Groep,’ waar jy enige vrae kan vra en ondersteuning kry van ander kursuslede.
Sluit nou aan vir die waglys en wees die eerste om te hoor wanneer registrasie oopmaak! Bou jou eie webblad en sit jou besigheid op die digitale kaart!